[ Prev ] [ Index ] [ Next ]

Hosea

Created Thursday 29 May 2014

(49) P: Hos.1 - Weereens 'n profesie wat beide oor die nabye toekoms (die wegvoer van die 10 Noordelike stamme van Israel) en die verre toekoms handel. Juda sal in die HERE verlos word, nie deur oorlogswapens nie. Juda en Israel sal saam versamel word (sien (46)) en Een hoof aanstel. Hos.2 - Nadat die HERE haar (Israel) gestraf het, sal Hy haar weer terugbring. In die woestyn (sien Jes.40, (36)) sal hy na haar hart praat en haar weer aan Hom verloof. En in díe dag (sien (35), (42), Jes.4, Jes.10:20, Jes.11, Dan.12) sluit die Here vir hulle 'n verbond met al die wilde diere (sien Jes.11:6-9) en al die oorlogswapens en oorlog sal uit die land vernietig word (sien Hos.1 (33) (45)) sodat Israel in veiligheid sal woon (sien (42)). Hy sal Hom met hulle verloof vir ewig in geregtigheid en reg (sien (33)) en dan sal hulle die HERE ken (43) en (42)). Hos.3 - Israel sal baie dae sonder koning, vors, offer (tempel) en afgode wees. Dan sal hulle terugkeer en die HERE en hul koning Dawid (die Gesalfde) soek en met bewing na die Here se goedheid kom in die laaste dae.

(50) S: Hos.11 - Israel word gepersonifiseer as 'n jong seun wat uit Egipte geroep is (sien Jes.49:3). Dit is later letterlik deur Jesus as jong seun vervul.

(51) P: Hos.13:14 - Die Here sal hulle loskoop en verlos uit die mag van die dood en die doderyk (sien (46)).
---===---
Joël
Opsommend


Backlinks: Home Miga Jes.40 Jes.11 Jesaja Jes.4 Jer.33 Opsommend Jes.49 Daniel Hos.3 Jes.10 Esegiel Hos.1 Hos.2 Dan.12 Hos.11 Hos.13