[ Prev ] [ Index ] [ Next ]

Dan.12

Created Saturday 31 May 2014

(46) Daniël 12
"1 En in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal 'n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat 'n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan. 2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik. 3 En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos. 4 En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder. 5 En ek, Daniël, het gesien, en kyk daar het twee ander gestaan, die een duskant op die wal van die rivier en die ander oorkant op die wal van die rivier. 6 En een het aan die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, gesê: Hoe lank sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly? 7 Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig-Lewende: 'n Tyd, tye en 'n halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word. 8 En ek het dit gehoor, maar nie verstaan nie; daarom het ek gesê: My heer, wat is die uiteinde van hierdie dinge? 9 En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe. 10 Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan. 11 En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend twee honderd en negentig dae verloop. 12 Welgeluksalig is hy wat bly verwag en duisend drie honderd vyf en dertig dae bereik. 13 En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae."

"At that time shall arise Michael, the great prince who has charge of your people. And there shall be a time of trouble, such as never has been since there was a nation till that time. But at that time your people shall be delivered, everyone whose name shall be found written in the book. And many of those who sleep in the dust of the earth shall (Ezek.37:1-10) awake, some to everlasting life, and some to shame and everlasting contempt. And those who are wise shall shine like the brightness of the sky above; and those who turn many to righteousness, like the stars forever and ever. But you, Daniel, shut up the words and seal the book, until the time of the end. Many shall run to and fro, and knowledge shall increase.”

Then I, Daniel, looked, and behold, two others stood, one on this bank of the stream and one on that bank of the stream. And someone said to the man clothed in linen, who was above the waters of the stream, “How long shall it be till the end of these wonders?” And I heard the man clothed in linen, who was above the waters of the stream; he raised his right hand and his left hand toward heaven and swore by him who lives forever that it would be for a time, times, and half a time, and that when the shattering of the power of the holy people comes to an end all these things would be finished. I heard, but I did not understand. Then I said, “O my lord, what shall be the outcome of these things?” He said, “Go your way, Daniel, for the words are shut up and sealed until the time of the end. Many shall purify themselves and make themselves white and be refined, but the wicked shall act wickedly. And none of the wicked shall understand, but those who are wise shall understand. And from the time that the regular burnt offering is taken away and the abomination that makes desolate is set up, there shall be 1,290 days. Blessed is he who waits and arrives at the 1,335 days. But go your way till the end. And you shall rest and shall stand in your allotted place at the end of the days.”"

---===---
(46)
(49)


Backlinks: Daniel Esegiel Hosea