Created Friday 20 September 2013
(47) Daniël 7:1-14
"1 In die eerste jaar van Bélsasar, die koning van Babel, het Daniël 'n droomgesig gesien en gesigte van sy hoof op sy bed. Toe het hy die droom opgeskrywe, die hoofsaak vertel. 2 Daniël het gespreek en gesê: Ek het in die nag in my gesig gesien, en kyk, die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring; 3 en vier groot diere het uit die see opgeklim, die een verskillend van die ander. 4 Die eerste was soos 'n leeu, en hy het vlerke van 'n arend gehad; ek het bly kyk totdat sy vlerke uitgeruk is en dit van die grond af opgehef en soos 'n mens op twee voete neergesit is en daaraan 'n mensehart gegee is. 5 En kyk, 'n ander dier, 'n tweede, het gelyk soos 'n beer, en is aan die een kant opgerig; en drie ribbes was in sy bek tussen sy tande; en só het hulle vir hom gesê: Staan op, eet baie vleis. 6 Daarna het ek gesien, en kyk, daar was 'n ander een soos 'n luiperd, en dit het vier vlerke van 'n voël op sy rug gehad; ook het die dier vier koppe gehad, en aan hom is heerskappy gegee. 7 Daarna het ek in die naggesigte gesien, en kyk, daar was 'n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad. 8 Terwyl ek op die horings ag gee, kom daar 'n ander horinkie tussen hulle op, en drie van die vorige horings is daarvoor ontwortel; en kyk, in hierdie horing was oë soos mens-oë, en 'n mond wat groot dinge spreek.
9 Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en 'n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan 'n brandende vuur; 10 'n stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan; duisend maal duisende het Hom gedien, en tien duisend maal tien duisende het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit, en die boeke is geopen. 11 Ek het toe bly kyk vanweë die stem van die groot woorde wat die horing gespreek het; ek het bly kyk totdat die dier gedood en sy liggaam vernietig en aan die verbranding deur vuur oorgegee is. 12 Ook aan die ander diere is hulle heerskappy ontneem, en verlenging van die lewe is aan hulle gegee tot op tyd en uur. 13 Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van 'n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom. 14 En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is 'n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie."
"In the first year of Belshazzar king of Babylon, Daniel saw a dream and visions of his head as he lay in his bed. Then he wrote down the dream and told the sum of the matter. Daniel declared, “I saw in my vision by night, and behold, the four winds of heaven were stirring up the great sea. And four great beasts came up out of the sea, different from one another. The first was like a lion and had eagles' wings. Then as I looked its wings were plucked off, and it was lifted up from the ground and made to stand on two feet like a man, and the mind of a man was given to it. And behold, another beast, a second one, like a bear. It was raised up on one side. It had three ribs in its mouth between its teeth; and it was told, ‘Arise, devour much flesh.’ After this I looked, and behold, another, like a leopard, with four wings of a bird on its back. And the beast had four heads, and dominion was given to it. After this I saw in the night visions, and behold, a fourth beast, terrifying and dreadful and exceedingly strong. It had great iron teeth; it devoured and broke in pieces and stamped what was left with its feet. It was different from all the beasts that were before it, and it had ten horns. I considered the horns, and behold, there came up among them another horn, a little one, before which three of the first horns were plucked up by the roots. And behold, in this horn were eyes like the eyes of a man, and a mouth speaking great things.
As I looked, thrones were placed,
and the Ancient of days took his seat;
his clothing was white as snow,
and the hair of his head like pure wool;
his throne was fiery flames;
its wheels were burning fire.
A stream of fire issued
and came out from before him;
a thousand thousands served him,
and ten thousand times ten thousand stood before him;
the court sat in judgment,
and the books were opened.
I looked then because of the sound of the great words that the horn was speaking. And as I looked, the beast was killed, and its body destroyed and given over to be burned with fire. As for the rest of the beasts, their dominion was taken away, but their lives were prolonged for a season and a time.
I saw in the night visions,
and behold, with the clouds of heaven
there came one like a son of man,
and he came to the Ancient of Days
and was presented before him.
And to him was given dominion
and glory and a kingdom,
that all peoples, nations, and languages
should serve him;
his dominion is an everlasting dominion,
which shall not pass away,
and his kingdom one
that shall not be destroyed."
---===---
(47)
(29)