- 1. "Die skape luister na die Herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name en lei hulle uit. Wanneer Hy al sy skape uitgebring het, loop Hy voor hulle uit, en die skape volg Hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal nooit 'n vreemde volg nie maar van hom af weghardloop, omdat hulle nie die stem van vreemdes ken nie...My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My." (Joh.10:3-5, 27)
'Wanneer jy die regte koers verlaat,sal jy agter jou 'n stem hoor sê:"Hier is die pad, loop hierlangs."' (Jes.30:21)
VRAAG JA NEE Hoor ek die Here se stem (en luister ek na Hom)? ... ... Hoe hoor ek Sy stem?... - 2. "Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag." (Jak.5:16)
VRAAG JA NEE Bid ek en my vriende ooit vir mekaar? ... ... - 3. "Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld..." (Hand.1:8)
'By die aanhoor hiervan is die mense diep getref en het hulle vir Petrus en die ander apostels gevra: "Wat moet ons doen, broers?" Toe antwoord Petrus hulle: "Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep."' (Hand.2:37-39)
"Moenie dronk word van wyn nie--daarin is losbandigheid; maar laat die Gees julle vervul, en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here." (Efes.5:18-19)
"Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie." (Gal.5:22-23)
VRAAG JA NEE Is ek vervul met die Heilige Gees? ... ... - 4. 'Jesus sê toe vir hulle: "Dít verseker Ek julle: Elkeen wat sonde doen, is 'n slaaf van die sonde. ...
Julle doen wat julle vader gedoen het." Hulle sê toe vir Hom: "Ons is nie uit owerspel gebore nie. Ons het net die een Vader, naamlik God." ...
"Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen. ...
Wie 'n kind van God is, luister na die woorde van God. Juis daarom luister julle nie, omdat julle nie kinders van God is nie." (Joh.8: 34,41,44,47)
"Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore." (Joh.1:12)
"Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: "Abba!" Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is." (Rom.8:14-16)
"Kyk wat 'n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie." (1Joh.3:1)
VRAAG JA NEE Is ek seker dat ek 'n kind van God is? ... ...
Top